LIESL FIRE. AT GIANT LABYRINTH

Dan tree ’n lang, slanke bruinkopvrou na vore. In ’n spierwit rok geklee. Kaalvoet. Stil. In haar hande het sy twee vreemde houtvoorwerpe. Sy gaan hurk op die grond. Die oeroue aarde. Die afwagting is tasbaar. Sy vryf die voorwerpe teenmekaar. ’n Minuut gaan verby....